Bepalings en Voorwaardes

Buiten dat ons graag wil hê jy moet soos ons ook gereeld braai en dan natuurlik jou Ons Braai drag aan hê en jou Ons Braai dekor ten toon stel is daar ‘n paar bepalings en voorwaardes vir bestellings van die Ons Braai webblad af.

Bepalings, Voorwaardes en Aflewering

Is so maklik soos om vuur aan te steek en n tjoppie te braai.
Neem Asseblief kennis van die Bepalings, Voorwaardes en Aflwering

  • Aflewerings neem 7 to 14 werksdae. Afhangende beskikbaarheid van voorraad en koerier roetes.
  • ‘n Minimum deposito van 70% van die totale bestellings bedrag is betaalbaar met ontvangs van faktuur nadat die bestelling geplaas is. Bewys van betaling moet aan Ons Braai gestuur word.
  • Geen produkte sal versend word voordat die totale bedrag ten volle vereffen is.
  • Gratis aflewering in George.
  • Aflewerings kostes sal gehef word op bestellings buite George. Ons Braai sal die beste opsie met jou bespreek en dan die nodige relings tref.
  • In die geval van items met groottes soos T-hemde maak baie seker dat jy reg bestel. Geen omruilings sal gedoen word nie.

Hoe om ‘n bestelling te plaas

Lees noukeurig deur en plaas jou bestelling. Sien die 4 stappe wat gevolg moet word om n bestelling te plaas.

  • Voltooi die Bestelvorms by elke produken druk die Stuur knoppie.
  • Sodra Ons Braai die bestelvorm ontvang, sal ons jou kontak en jou bestelling bespreek en bevestig.
  • ‘n Faktuur sal dan na jou gestuuur word met die bestelling inligting en die Ons Braai bank besonderhede.
  • Maak die betaling en stuur vir Ons Braai die bewys van betaling.
  • Bestellings sal uitgestuur word sodra gereed en die volle bedrag ontvang is.

Ons Braai Aanlyn Veiligheid

By Ons Braai is ons baie bewus van aanlyn veiligheid  en sal nie jou persoonlike besonderhede bekend maak aan ‘n derde party nie.

Ons Braai  hoor graag van jou – Kontak Ons Braai gerus via die kontak ons blad.